Geloftes maak skuld!
Deuteronomium 23:21-23
"As jy aan die Here jou God ’n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die Here jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word. Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie. Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die Here jou God vrywillig beloof het — wat jy met jou mond gespreek het."
![](https://static.wixstatic.com/media/56cbda_60a0853cd1b54927b86a360f6168db24.jpg/v1/fill/w_450,h_600,al_c,q_80,enc_auto/56cbda_60a0853cd1b54927b86a360f6168db24.jpg)
Die Gelofte is 'n spesiale eed wat deur Voortrekkers afgelê is voor die Slag van Bloedrivier en wat gelei het tot die viering van Geloftedag. Die Gelofte is op Sondag, 16 Desember 1838 by Wasbankspruit deur Sarel Cilliers afgelê.
'n Afrikaanse vertaling daarvan:
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ʼn dankdag soos ʼn Sabbat sal deurbring; en dat ons ʼn huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.
(https://af.wikipedia.org/wiki/Die_Gelofte)
As jy wonder hoekom dit sleg gaan in die land of met jouself as persoon, en selfs jou besigheid. Eer en betaal jy die geloftes wat jy aan God gemaak het? Want die boere het daardie gelofte gemaak wat van geslag tot geslag gehou moet word. Nie een van ons sal vandag hier gewees het nie, as dit nie was vir daardie dag nie.
Ons moet soos in Daniel 9:3-20 (https://bible.com/5/dan.9.3-20.afr53) in vas en gebed gaan omdat ons nie die geloftes en wette volg nie, net soos Jesus vir ons gesê het om te doen.
Mattheus 17:21 "Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie."
![](https://static.wixstatic.com/media/56cbda_b0c5ed6bdb4b482191c95b71699d0872.jpg/v1/fill/w_980,h_546,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/56cbda_b0c5ed6bdb4b482191c95b71699d0872.jpg)