Hoekom gebeur daar slegte goed met my?
Jeremia 9
12 Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? En met wie het die mond van die Here gespreek, dat hy dit kan verkondig? Waarom het die land te gronde gegaan, is dit verwoes soos die woestyn, sodat niemand daar deurtrek nie? 13 En die Here het gesê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie, 14 maar gewandel het agter die verhardheid van hulle hart en agter die Baäls aan, waaraan hulle vaders hulle gewend gemaak het,
Hoekom gebeur goed in ons lewe, families en ons land? Dit is omdat ons die onbewus toelaat. Ons maak deure oop vir satan, ons volg nie meer die wette van die Here nie. As ek praat van wette is dit nie net die 10 Geboeie nie, maar al die wette wat opgeteken is in die Bybel. Van Genesis 1 tot Openbaring 22 is daar wette op geteken wat ons moet volg, In die ou Testament is daar oor die 1000 wette opgeteken wat vandag nogsteeds van toepassing is op ons, van dit het weggeval met tyd en ander het by gekom. Ek kan nie vir julle sê wat moet jy volg, en wat moet jy los nie. Jy moet self ondersoek instel en sien wat is reg, omhou net dat die bybel is maklik om te lees as jy die 2 versies toepas...
Mattheus 11:25 "IN daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het."
&
2 Korinthiers 1:13 "Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan,"
Met ander woorde, as daar staan Jona was in die vis, was Jona in die vis. As daar staan die aarde is in 6 dae gemaak, was hy in 6 dae gemaak en nie 6 tydperke van 'n miljoen jaar ek nie want "ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan"
Dis hoekom dit belangrik is om SELF die bybel elke dag deur te gaan want in Hosea 4:6 sê "My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis", watse kennis? Kennis van die Bybel/Woord van God. Maar daardie vers is ook 'n wet (of self 'n waarskuwing) want as jy verder lees staan daar "...omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.". Sjoe en nou? Ek verwerp die kennis (leer/Woord van God) en nou verwerp die Here my. Dis hoekom satan kom en ons almal leer om net die 10 Gebooie te volg, want dis al wat belangrik is. En dan wonder ons hoekom gaan dit so selg?
Mattheus 22:29 "Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie." Wat het Jesus in die woestyn elke keer vir die Satan gesê? Daar staan geskrywe, Daar staan geskrywe, Daar staan geskrywe... Nou hoe kan ons vir Satan se aanvalle sê daar staan geskrywe oor my huwelik, staan geskrywe oor my my kind se gesondheid, my finansies, my gesondheid, my land, my erf maar ons het nooit die stukkie self gelees van my huwelik, my kind se gesondheid of my finansies nie. Jesus het nooit vir die satan aangehaal waar dit in die bybel staan nie, want hy weet presies waar dit staan en hy het self vir Jesus 'n paar dele aangehaal. So sal hy vir jou ook dele uit die bybel aanhaal, die beste een is seker 1 Thessalonicense 5:21 "beproef alle dinge; behou die goeie", maar daar by moet jy ook weet dat wat die satan/wêreld vir jou sê om te doen, oky is, maak jy deure oop vir hom in jou lewe.
Die rede hoekom jy SELF jou Bybel moet lees is omdat jy eendag alleenig voor die Here gaan staan, en Hy gaan jou vra hoekom jy nie jou vrou ophou slaan het nie, hoekom het jy geld onder die tafel gegee het of gevat het. Dan kan jy nie sê maar die Pastoor het die nie vir jou geleer nie, want jy het 'n Bybel gehad en jy moes dit self gelees het. Want die pastoor kan jou nie alles leer nie, hy het net 'n uur elke sondag vir 52 dae 'n jaar. So as jy by 50 dood gaan en jy was elke liewe sondag in die kerk dan het die pastoor 2600 ure met jou gepraat (plus die leidjies wat jy gesing het en die halwe uur se gebid), en waarvan jy alles kan onthou nhe? Vriend daar is nie eers 2600 verse in die Bybel nie.
Jy moet self jou Bybel lees en self met God praat (Bid) want jy moet groei na Hom toe. As julle as gesin saam Bybel lees en bid, gaan daarna jou kamer toe sluit jou deur en roep die aangesig van God aan, loof en prys hom! Want julle gaan nie as gesin voor die Here staan nie, jou vrou gaan nie daar wees om vir jou te 'cover' nie. Groei na God toe deur die bybel want het jy geweet uit die hele ou Testament kan jy God die Vader beter leer ken, uit die eerste helfte van die nuwe Testament kan jy Jesus/God die Seun beter leer ken en die laaste helfte van die nuwe Testament kan jy die Heilige Gees beter leer ken.
Ek los julle met Jesaja 28:10 "Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie."
Lees jou Bybel gebod op gebod, gebod op gebod en leer die wette van God.
Lees jou Bybel reël op reël, reël op reël en luister wat God vir jou sê.
Lees jou Bybel hier ’n bietjie, daar ’n bietjie elke dag.