Kom ons begin
Kom stof saam my bietjie die bybel op jou bed tafel af en kom ons lees soos wat dit daar staan, en verstaan soos wat dit daar staan. Wat tog sê die woord vir ons in...
2 Korinthiërs 1:13
"Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan"
En moet asb nie vir my luister of glo nie, ons haal alles uit die bybel en as daar ander verwysings is moet ons met die bybel kyk na hulle en nie met hulle na die bybel kyk nie. Ons moet elke dag en nag die Bybel ondersoek, en nie die pastoor of enige leermeester glo nie maar kom ons maak soos die mense in Handelinge...
Handelinge 17:11
"En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was."
Want die bybel is die enigste ware Woord van God wat aan ons gegee is, dis ons wapen teen die vyand.
Ef 6:11
"Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel."